JOHANNES MEINTJES

Artist, Author and Historian


summary introduction biography catalogues writing
collections exhibitions the press gallery archives
art critique art for sale books for sale contact us home page


'There is the Africa of the past and there is the Africa of the present. I am concerned here with what I feel is eternally Africa, yesterday, today and tomorrow, untouched by the vagaries of men'.
Johannes Meintjes, SA Panorama, 1960





Afrikaans

Deutsch

English

Francais

Italiano

Nederlands

Xhosa

OPSOMMING   (Wikipedia)

Vanaf 'n baie jong ouderdom geniet Meintjes geweldige publieke steun vir sy skilderkuns en lateraan verwerf hy ook internasionale roem as skrywer. Hy is 'n bekende geskiedkundige en een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars. Die roem wat hy as 21-jarige kunstenaar geniet het, is ongeëwenaard in die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis. Esmé Berman het in haar gesaghebbende Art & Artists of South Africa geskryf dat 'die skouspelagtige spoed waarmee Johannes Meintjes gedurende die laaste jare van die Tweede Wêreld-Oorlog na die koerantopskrifte opgeskiet het, is 'n verskynsel wat nog selde in die Suid-Afrikaanse kultuurgeskiedenis geëwenaar is. Nog voor die ouderdom van 22 jaar, het dié intense jong kunstenaar die publieke aanhang geniet wat in later jare vir jeugdige idole van die wêreld van popmusiek gereserveer is'.

Johannes Meintjes is in 1980 oorlede en het homself as 'n belangrike Suid-Afrikaanse kunstenaar en skrywer gevestig. Bo en behalwe verskeie artikels en kleiner literêre werke, het hy 35 boeke gepubliseer, waaronder gesaghebbende werke oor Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Sy nalatenskap bestaan uit meer as 'n duisend olieverfskilderye, dosyne beeldhouwerke asook etlike grafiese werke. Hy het in al Suid-Afrika se belangrikste galerye uitgestal - soms op sy eie en soms saam met kunstenaars soos Alexis Preller, JH Pierneef, Gerard Sekoto, Irma Stern, Maggie Laubser en Walter Battiss.

Meintjes se werk toon iets van die onskuld van 'n kunstenaar uit Afrika... 'n dimensie verby die suiwer Europese styl. Sy doeke, geskilder met kennis wat voortspruit uit eeue van Europese ervaring, spreek met die stem van Afrika.

Meintjes het eenmaal gesê : 'My visie het sy oorsprong in die bodem van Afrika en ek het daaraan 'n persoonlike stempel gegee wat moontlik eendag in die hart en verbeelding van 'n ander generasie 'n reaksie mag vind'.





Copyright © 2022 TB van der Merwe - Botes (art) and Kobus Opperman (text and images) as well as the various owners and authorised assignees of the copyright of works of art, images, publications and photography. The content, images and intellectual property on this site are protected by international copyright laws and treaties. All rights reserved and no reproduction of any nature whatsoever without prior written permission.